Vandale skeur skadunette

THABAZIMBI – Vandaliste het op Saterdagaand 22 Oktober in die parkeerterrein van Medhof Apteek toegeslaan, slegs drie weke na die brandstigting deur kwaaddoeners by Bornman’s Seed & Accessories in Deenastraat.

Volgens ‘n sekuriteitswag van Protea Coin by FNB het jong wit tienerseuns die skadunet van die afdakke met messe en skerp voorwerpe geskeur.

‘n Saak van Vandalisme is deur mnr Danie van Niekerk, eienaar van Medhof en Thabazimbi Apteke by die Thabazimbi Polisie geopen. ‘n Beloning word uitgereik aan die persoon wat die kwaaddoeners kan identifiseer wat sal lei tot die inhegtenisname en skuldigbevinding van die misdadigers.

Indien die tieners skuldig bevind word, kan hulle ‘n boete of selfs tronkstraf opgelê word. Skakel Medhof Apteek by 014 777 1237.