TBZ Gholfspelers kry Limpopo Kleure

THABAZIMBI – Vier van Laerskool Thabazimbi se gholfspelers het op 27 Oktober aan die Interlaer Gholfkompetisie te Laerskool Julian Muller, Groblersdal deelgeneem.
Drie van die vier spelers het gekwalifiseer vir Provinsiale Kleure en is opgeneem in die Limpopo span. Die skool wens die spelers geluk met hul puik prestasie.