TBZ Animal Rescue Raffle projek in R32 000

Paula Repko saam met een van die gelukkige trekking wenners, Pat Smith, tydens die Oktoberfest.

THABAZIMBI – Die TAR Raffle Projek, onderleiding van Paula Repko, het tot ‘n einde gekom met die gelukkige trekkings wat plaasgevind het op Saterdag 29 Oktober tydens die Oktoberfest.

‘n Wins van R32 495 is met die projek gemaak, waarvan elke sent na die Thabazimbi Animal Rescue se nuwe hokke-projek gaan. Paula bedank graag almal wat die projek ondersteun het.

Die eerste tien wenners was: C Welgemoed, J van Wyk, W Taljaard, L Combrink, T Anders, Y du Plessis, N Wiggill, E Kotze, A Botha en W Vos.

Nog 42 ander pryse is tydens die gelukkige trekking weggegee. Paula bedank ook graag al die borge wat hierdie projek moontlik gemaak het.

Paula, wat ook verlede jaar die TAR Charity Shop op die been gebring het, het besef dat die Charity Shop alleen nie die finansiële las van die nuwe hokke sal kan dra nie, en het dus die Raffle Projek geloods.

Daar is egter steeds ‘n groot gaping in die begroting en diegene wat hul weg kan oopsien om ‘n skenking te maak, kan Tania skakel by 084 885 6487 of ‘n internet oorbetaling maak: Thabazimbi Animal Rescue, rekening nommer 411 000 667, Standard Bank Thabazimbi tak. Enige skenking aan die Charity Shop in Rietbokstraat is ook welkom, kontak Paula by 083 256 6138 of Marelize by 082 493 5887.