Skenkings vir wesies benodig

Die kleuters van Maroela Huis vlnr: Suné, Alicia, Bruce, Christiaan en Kyle. Middel vlnr: Anika, Tristan en Geneveve. Agter vlnr: Die Smith-gesin, Gaenor, Erin, Gideon en Ethan.

NYLSTROOM – Abraham Kriel Kinderhuis is die enigste kinderhuis van sy soort in Limpopo. Hierdie huis, wat 170 afvlerk wesies huisves moet maandeliks ‘n finansiële oorlog voer om aan die lewe te bly. Tans bied die staat ‘n subsidie van slegs 50% wat beteken dat die Kinderhuis moet sorg vir die res wat dus daartoe lei dat hulle slegs die basiese benodighede kan aanskaf.

Gideon en Gaenor Smith van Thabazimbi het die grootse taak op hulself geneem om speelgoed, klerasie en voedselitems in te samel en op ‘n maandelikse basis deur te neem na Nylstroom. Volgens Gaenor, self ‘n mamma van twee kleuters, was dit hartverskeurend om hierdie wesies te sien. Die Smith-gesin het dadelik voorgeneem om Maroela-huis, bestaande uit vier dogtertjies en vier seuntjies “aan te neem” en om sodoende te probeer help om hulle lewentjies ook bietjie meer aangenamer te maak.

“Jy moenie Abraham Kriel Kinderhuis besoek om die wesies jammer te kry nie, jy moet gaan om ‘n verskil te maak,” sê Gaenor.

Diegene wat betrokke wil raak by hierdie projek, kan Gaenor skakel by 084 470 1348. Hulle volgende besoek is op Saterdag 26 November wanneer hulle die volgende besending skenkings sal deurvat.

Gaenor bedank graag vir Hannes en Gerda van Thaba SuperSpar vir hul donasie aan die wesies.