Sê jou sê op Kwêvoël se Facebook

Nicolene Jacobs Tullues: Terwyl ons nou op die “topic” is van kinders: Kan die ouers van Thabazimbi nie maar ASSEBLIEF hul kindertjies vasgordel wanneer hulle ry nie?? Wie is jy as ouer om vas te gordel, maar nie jou kind dieselfde veiligheid te gee nie?

Renata Olivier: Wanneer gaan die munisipaliteit (Paaiedept) verantwoordelikheid neem vir al die trokongelukke by die Pick n Pay kruising? As hul van bo af al grithobbeltjies sit, en meer padtekens, en dalk rooi flikkerligte by bv twee “dangerous stop ahead” tekens, is ek seker daar sal minder ongelukke wees. Dis nie bestuurders wat aan die slaap geraak het nie, maar die STOP vang hul onkant, en dan is daar nie genoeg tyd om te stop nie. Dit tyd dat iemand optree!!

Janeen Barber: ‘n Skool loopbaan van 12 jaar het tot ‘n einde gekom en nou bly nog net die Graad 12 eindeksamen oor. Aan elke onderwyser en afrigter oor hierdie belangrike tydperk van ons kinders se lewens, ‘n opregte dankie. Aan elke ‘matriek’/Gr.12 van 2011 ons heel beste wense vir die eksamen en ook vir elke verdere tree vorentoe. Mag ” net goedheid en guns julle volg vir ewig ” (Ps23).

Riana Smuts: Ek wil graag baie dankie sê vir die jong man wat my seun Vrydag, 7 Oktober, op die Britspad 80km buite Thaba gehelp het, toe hy ‘n band moes vervang. Baie min mense waag dit deesdae om te stop, maar die jong man het, al het hy sy vrou en 3 kinders by hom in die kar gehad. Meneer, jy het ‘n goeie hart, en ek kan net dankie sê, Gods rykste seën vir jou en jou gesin.

Maryna Scheepers Hudson: Baie dankie aan Pieter en sy personeel vir die heerlike ete Sondag by Dewside Restaurant. Dankie vir puik vriendelike diens.

Plaas gerus ‘n boodskap op ons muur: www.facebook.com/kwevoel