Northam VLU se Sprokies-pret afsluiting

Northam VLU by die Streeksvergadering. Die twee stiefsusters met Aspoestertjie en haar Prins, vlnr: Cilea Goosen, Mari Meintjes, Annatjie Dreyer en Dina Smit.

KAMEELHOEK – Northam VLU het op 27 Oktober 2011 hul laaste vergadering vir 2011 op die lowergroen wildsplaas van Cobus en Marcia Botha gehou.

Terwyl die njalas enkele tree van die dames af hul dors in die gronddam geles het, het die dames die fynere kunsies van papier plooiing (paper quilling) geleer. Een van die kompetisie-artikels van die VLU wat Januarie 2012 ingehandig moet word, is drie groetekaartjies, gemaak met papier plooiing, wat die opdraai van dun repies papier is en dan op ‘n kaartjie vasgeplak word.

Op 1 November het Bosveldstreek VLU hul laaste Streeksvergadering vir die jaar te Lephalale gehou. Die tema was “fancy dress” en die dames het ywerig meegedoen om van die dag ‘n sukses te maak. Annatjie Dreyer en Mari Meintjes was Aspoestertjie en die Prins. Mari het by die vergadering aangekom as Aspoestertjie en tydens pouse gou aangetrek om met haar Prins na die bal te gaan. Daar was verskeie hekse, en die Drie Beertjies het die dames vermaak met ‘n opvoering.

Northam VLU beplan om hul afsluitingsfunksie op 17 November 2011 te Swartklip te hou. Die tema is ‘n Hawaise piekniek, waarna daar baie uitgesien word. Vir meer inligting aangaande Northam VLU, skakel Mari Meintjes 0820864915.

Aspoestertjie en haar Prins, Annatjie Dreyer en Mari Meintjes.