My pa dink hy’s Elvis

My pa dink hy's Elvis - 12 November 2011 by KunsteGrot

KunsteGrot sluit 2011 aanbiedings op 12 November op ’n hoë noot af met “My Pa dink hy’s Elvis” met Ben Kruger en Viljé Maritz in ’n skitterende musiek-teater produksie wat ’n moet sien werd is.

Pa Hennie is ‘n  Elvis nabootser en sleep sy teësinnige seun saam op sy Elvistoer deur die Karoo om geld in te samel vir Ma se “boobjob”. Teen die agtergrond van al die ou bekende Elvisliedjies ontknoop die spanning en drama wat die gesin se wanfunksionering onderlê. Pa en seun konfronteer hul kwessies met mekaar en met die wêreld – soms agter die skerms en soms voor die gehoor.

Ben se nostalgiese Elvisuitbeelding laat die voete jeuk terwyl konfrontasies tussen pa en seun pendel tussen komies en hartroerend. Ben verskyn op die kassie in 7de Laan as neef Gert en Viljé word onthou as Gys in Binnelanders.

Twee komplimentêre kaartjies wag op dié Kwêvoëlleser wat eerste kontak en die korrekte antwoorde op dié twee vrae verskaf:

1.      Wie vertolk die rol van die seun in die produksie “My Pa dink hy’s Elvis”?

2.      Wie is die redakteur van Die Kwêvoël?

Skryf in op die KunsteGrot se Facebook.

Vir besprekings en navrae  kontak Rita by 083 7448559 of rivol@telkomsa.net