LS Thabazimbi hou Intergraad Bybelvasvra

Deelnemers van die Intergraad Bybelvasvra, agter vlnr Gr7’s (algehele wenners): Anja Buitendag, Marlize du Plessis, Shaun Steenkamp, Johan Bezuidenhout. Tweede ry vlnr, Gr 6’e: Niané Engelbrecht, Tieneke van der Wetering, Marguerite Olivier en Elrie Human. Eerste Ry vlnr, Gr5’s: Peter Lamprecht, Dean Coetzee en Liezl Havenga. Voor vlnr, Gr4’s: Gerhard du Preez, Janco Blignaut en Jovan Barkenhuizen.

THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi het op Woensdag 26 Oktober aan die Intergraad Bybelvasvra deelgeneem.  Me Herma du Plessis was die organiseerder van die Bybelvasvra.