KANSA by Strewe Vroue Landbou Unie


MAKOPPA – Die Strewe VLU tak het op Woensdag 12 Oktober ‘n vergadering op Dwaalboom gehou.
Ter viering van Borskanker bewustheidsmaand, het KANSA die dames toegespreek en ook ‘n papsmeer kliniek gehou. Suster Tryna Verwey het die mites maar ook gevaartekens van kanker uitgewys.
Die dames het ontsettend baie geleer en later heerlik saam gekuier. Die volgende vergadering is op 21 November wanneer die “koek genie” hulle op hul jaarafsluiting besoek om hul koekversiering te demonstreer. Alle belangstellendes kan Ilna Schutte kontak by 0827748803.