Jukskei Toernooi

POLOKWANE – Die keuring vir die Noordelike Unies Jukskei Toernooi is op Saterdag 22 Oktober gehou. Die volgende spelers sal Limpopo Jukskei Unie verteenwoordig te Krugersdorp op Saterdag 5 November en verrigtinge sal reeds om 07:00 begin. Eerstespan: De Graaff Genis (L), Bossie Liebenberg, Werner Swanepoel en Freek Stoltz. Tweedespan: Sois van Zyl (L), Chris Swanepoel, Fanus Genis en Nis Kotze. Derdespan: Alet van Tonder (L), Bertus Els, Gustaf de Beer en Adrie Muller. Vierdespan: Johan van Zyl (L), Andrie Marais, Daphne Liebenberg en Hermien Naude. Vyfdespan: Rikus Thomas (L), Tinus Joubert, Pieter le Roux en PG Grobler. Sesdespan: Gerrit Booyens (L), Jaco Buys, Chris Viljoen en Jaco Coetzee. Sewendespan: Gert Kloppers (L), Henco Swart, Bets Els en Joyce du Preez. Agstespan: Ria Heyman (L), Stephan Jardin, Rigert Coetzee en Ruzaan Cloete. Negendespan: Wynand Lourens (L), Dries Venter, Jean-Marié Cawood en Willem Verwey. Reserwe – Niel Viljoen. Op Saterdag 19 November speel die Noorde teen die Suide op Mokopane op die bane van Tarentale Jukskeiklub om 08:00.