Goeie gholf by LS Koedoeskop Gholfdag

Wenners van die dag saam die hoofborg, Mnr Tokkie Botes, Louise van Graan, Tokkie Botes (Skeerpoort Verspreiders), mnr Gustav Grobler (Laerskool Koedoeskop Hoof), Jannie van Graan, Henry Bredenkamp en Esmé Behrens.

THABAZIMBI – ‘n Baie suksesvolle borgedag is deur Laerskool Koedoeskop op Saterdag 29 Oktober te Thabazimbi Gholfbaan aangebied.

Daar was altesaam 112 spelers op die veld terwyl borge by die onderskeie putjies die kele op die warm dag nat gehou het.

Na die dag se gholf is ‘n prysuitdelingsfunksie gehou waar elke gholfspeler ‘n prys ontvang het. Die dag is afgesluit met ‘n heerlike spitbraai onder leiding van mnr Scott en Charlotte Denton van Setaria Spar. Die Skool bedank al die borge wat die dag moontlik gemaak het.