Elephant kills field guide

Mnr Tavus Momberg (29) wat die afgelope week op Vaalwater dood is nadat hy deur 'n olifant aangeval is.

VAALWATER – A 29-year-old field guide, Octavus Momberg, was killed by an elephant on Saturday 5 November in the Welgevonden Private Game Reserve, just outside Vaalwater.

“Momberg, who was a field guide employed by Makweti Safari Lodge on Welgevonden, was killed by an elephant while out on foot alone, apparently photographing nature,” reported Welgevonden CEO Shaun McCartney. “The incident took place several hundred metres from the lodge.”

According to Beeld newspaper, Momberg’s body was found 200m from the lodge by a colleague who went to investigate after hearing a noise which sounded like a large animal crashing through the bush.

“No further information is available, there were no witnesses to the tragedy,” Makweti representative Helen Wilson said, adding that the game reserve and lodge discourages any speculative opinions at this point.

Momberg’s Facebook page tells the story of an avid photographer with an intense passion for nature. His wall shows beautiful video clips and photographs taken in the bush and pays homage to a young life cut short way too soon.

“Our thoughts are with his family, friends and colleagues,” McCartney concluded.

At the time of going to press, Welgevonden had not responded to questions regarding the fate of the elephant involved in the incident. LiN MEDIA/Northern News

VAALWATER – Die Waterberg-gemeenskap is in rou gedompel ná die dood van ’n jong veldwagter wat op Saterdag  5 November, tragies gesterf toe hy deur ’n olifant doodgetrap is.

Die voorval het by die Makweti Lodge in die Welgevonden-natuurreservaat net buite Vaalwater gebeur, waar mnr. Tavus Momberg (29) ten tyde van die tragedie gewerk het.

Momberg, ’n kranige amateurfotograaf, was glo te voet in die veld besig om foto’s van bome te neem.

Aanvanklik was daar nog iemand (volgens Momberg se familie is sy naam “Jacques”) saam met hom, maar hy het later  teruggedraai en Momberg alleen gelaat. Momberg het verder in ’n bos inbeweeg.

Momberg het vermoedelik tydens die foto-uitstappie op die olifant afgekom  en het toe ’n foto van die olifant probeer neem.

Die olifant het glo op Momberg afgestorm en hy was nie in staat om betyds veiligheid  te bereik nie. Die olifant het hom vermorsel.

“Jacques” het onraad vermoed en het gaan ondersoek instel nadat hy skielik ’n lawaai in die bos gehoor het. Dit het geklink soos ’n groot dier wat deur die bos hardloop.

Hy was baie geskok toe hy die erg beseerde Momberg daar gevind het.

Noodhulp is onmiddellik ontbied maar Momberg is kort daarna dood. Hy het noodlottige borsbeserings opgedoen.

Die tragiese nuus het soos ’n veldbrand deur Welgevonden versprei.

Toe Die Pos  vir een van die bestuurslede van Welgevonden vra of dit agterlosigheid aan die kant van die veldwagter was, het hy geantwoord: “Nee, geensins. Dit gebeur dikwels dat veldwagters wel die voertuie verlaat en in die veld in beweeg. Deurdat hulle veldwagters is, is hulle voorbedag en waaksaam en hou die omgewing noukeurig dop.Daar is egter altyd die risiko van die onverwagse wat kan gebeur.” – LiN MEDIA/Die Pos