Eens in ‘n leeftyd belewenis

Op 31 Oktober het ‘n vriendin van my haar baba in my huis gehad nadat sy haarself uit die staatshospitaal geboek het en ek haar gaan haal het omdat sy geen hulp ontvang het deur die proses nie. Sy was egter net ‘n uur by my en het rustig geraak toe besluit die baba dis tyd. Ons het vir Henk Havenga van Thabazimbi Krisis Beheer ontbied en hy was spoedig hier. Die staatsambulans is ook ontbied, maar het hul tyd gevat. Henk het haar fantasties behandel en nie een keer iets gevra oor vergoeding, medies of enige gelde nie.

‘n Besluit is gemaak om die bevalling by die huis te doen, en 00:01 op die 1 November 2011 is die klein bondeltjie liefde in die wêreld gebring. 100% gesond. Sy het beter behandeling ontvang in ons huis met Henk as by enige ander plek. Sonder enige vrae! Sy het baie ondersteuning gehad, mediese hulp en ‘n rustige atmosfeer om haar kind in die wêreld te bring. Iets wat sy nêrens anders sou kry sonder ‘n mediese fonds nie!

Ons wil graag vir Henk en sy assistent, Rynardt Venter uit ons harte bedank! Woorde kan nie ons waardering beskryf nie! Ons het  ‘n eens in ‘n leeftyd belewenis gehad!

Dankbare hart