Diereliefhebbers sien uit na Troeteldierskou

THABAZIMBI – ‘n Troeteldierskou word beplan vir 26 November 2011 vanaf 08:00 te Thabazimbi Skougronde. Die toegang is slegs R5 per persoon en gaan ten bate van die AP Kerk.

Enige dier kan ingeskryf word vanaf ‘n os tot ‘n vis. Diere moet in hokke of bakke wees en honde moet aan leibande wees. Diere kan daar verkoop word mits 20% van die verkope aan die kerk geskenk word.

Daar is pryse vir verskillende diere, inskrywings per dier beloop is R20.  Die organiseerders beoog ook om ‘n hondevertoning met opgeleide honde te lewer. Vir die hongeres en dorses sal daar ook iets te ete verkoop word soos worsbroodjies, pannekoek, koeldrank, roomys en gemmerbier.