Boere: ken jou mineraalstatus

Hennie Pauw

THABAZIMBI – Boere word herinner aan twee vergaderings wat volgende week op 1 en 2 November in die Thabazimbi-omgewing plaasvind, waartydens hulle ingelig sal word oor hoe vasgestel kan word watter minerale op elkeen se grond voorkom.

Dié vergadering sal boere ook bemagtig deur hulle bewus te maak van die moontlikheid om prospekteerregte op sy eie grond te bekom, in plaas van vreemdelinge wat regte gegun word deur die Dept van Mineraal en Energie.

Op Dinsdag 1 November om 11:00 word ‘n vergadering deur die Makoppa Boerevereniging aangebied op die plaas Fairfields van George Fritz. Die volgende dag, Woensdag 2 November, vind ‘n tweede vergadering weer om 11:00 plaas by die Landbou Skougronde.