AGS Silwervarings jaareind

Dit was weer groot feestelikheid met die jaareindfunksie van die Silwervarings AGS Thabazimbi op 5 November. Ons was by Boeta en Magdaleen van Dyk by Mongatane Lodge. Wat ‘n pragtige plek. Die Here het voorsien van ‘n lieflike dag en goeie gesondheid vir die Seniorburgers.

Die wildbesigtiging was vir party ‘n hoogtepunt. Ons wil net van die geleentheid gebruik maak om die borge te bedank: Medhof Apteek, Thaba SuperSpar, Pick n Pay, Boute en Moere, Oases en ‘Nader Gastehuis, wat dit vir ons moontlik gemaak het om die Seniors te bederf. Ons wil al ons Silwervarings ‘n geseënde Kersfees toewens vol vreugde en vrede.

Liefdegroete Gert en Amanda Visser