Active Life Gym se “Dollie Patrollie” aerobics-groep verleen steun aan Sunflower-Fund

Die "Dollie Patrollie" aerobics-groep van Active Life Gym

Active Life Gym se “Dollie Patrollie” aerobics-groep het verlede week ook hul steun aan die Sunflower-Fund gegee tydens die Vrydagoggendklas. Na die uitputtende klas het almal saam om die koffie-en-tee tafel by Wimpy vergader en hulle kontant bydraes tot hierdie fonds gestort. Op die foto is voor vlnr: Antoinette, Marien, Elanie, Tanya en Anna. Agter vlnr: Pieter (Patrollie), Chrissy (Acting Vice Chief-Dolly), Elizma (Instigator), Luzaan (Hoof-Dollie), Juanita, Charlaine, Belinda en Nickey. Die groep is ook nie meer die veterane of seniorgroep nie, as gevolg van die toename in jonger Active Life Gym-lede wat by die groep aangesluit het. Viva La Coffee!