5 buitelanders vas vir plaasmoord

Douw Brummer is op 11 Oktober 2011 op sy plaas vermoor.

THABAZIMBI – Vier mans wat daarvan beskuldig word dat hulle Douw Brummer (50) op sy plaas, Goedverwacht naby Dwaalboom in die Thabazimbi-distrik op 11 Oktober 2011 vermoor het, is Woensdag 2 November in Rustenburg in hegtenis geneem.

‘n Vyfde verdagte is dieselfde dag op Northam aangekeer. Volgens kol Ronel Otto, polisiewoordvoerder van Limpopo, is ‘n vuurwapen ook teruggevind.

Die drie Zimbabwiërs en twee Mosambiekers verskyn vandag, Vrydag 4 November in die Thabazimbi-landdroshof. LiN Media/Kwêvoël