1ste Oktoberfest 2011 vir Thaba skougronde

Riaan Aucamp tydens die Sterkman kompetisie.

Die eerste jaarlikse Oktoberfest is op Saterdag 29 Oktober by die Skougronde aangebied. Volgens die organiseerders, Cois en Mark van Butlers gaan hulle beslis volgende jaar weer so ‘n fees aanbied. Hulle vra die gemeenskap onverskoning vir Kinky Robot wat nie opgetree het nie, asook die bierdrink kompetisie wat deur SAB geweier is en die “varkie vang” item wat deur die DBV teengestaan is. Foto’s: Annabelle Tromp en Riaan Aucamp.

 

‘n Paar manne saam met die Jagermeister meisies, Francois Swart, Klaas Tromp en Walter Bresele.
Gerhard van Staden (mnr SA Sterkman), Klaas Tromp (Northmec), Burger Lamprechts (Sterkman en Olimpiese Atleet Gewigstoot) en Helgard Coertze (Mnr Wêreld).