Van drome tot ‘n werklikheid.

Wynand Bezuidenhout (instrukteur), Rex Snelder, Carel Olivier (instrukteur) en Barries Barnard. Rex en Barries is die eerste twee leerling vlieëniers van Thabazimbi Vliegskool wat vir hul “vlerkies” gekwalifiseer het.

THABAZIMBI – Soveel van ons swoeg maar net voort deur die lewe, elkeen met sy eie verantwoordelikhede ten doel. Die huis en kar wat betaal moet word, skoolfonds en geld wegsit vir die kinders se toekoms, en hopelik ‘n ietsie vir die oudag. Maar wat het geword van al daardie drome, van “eendag sal ek graag dit of dat wil doen of behaal”?

Rex Snelder en Barries Barnard het hul drome om vlieëniers te word verwesenlik. Die gevoel van absolute vryheid, totale beheer en die vermoë om daar vêr van bo af, die grou van die werklikheid te verruil vir ‘n asemrowende prentjie mooi uitsig oor die landskap daar onder. Als so stil, so rustig, so in plek.

Thabazimbi Vliegskool het vanjaar met trots, vlerke aan dié eerste twee vliegstudente, nou volwaardige vlieëniers, oorhandig.