Uitslae Meesterskampioenskappe

KROONSTAD – Die Jukskei Meesterskampioenskappe het vanaf 3-6 Oktober te Kroonstad plaasgevind.

Vyftien Unies het deelgeneem en Limpopo Jukskei Unie het vyf spanne gestuur. Die spanne het as volg geëindig:

A-Afdeling: Bossie Liebenberg, Chris Swanepoel, Sois van Zyl (L) en Bertus Els – vierdeplek.

B-Afdeling: Pieter le Roux, Jan Kleynhans, Gert Kloppers en Adrie Muller (L) – negende plek.

C-Afdeling: Tinus Joubert, Gerhard Booyens, Daan Riekert (L) en Paul Riekert – vierdeplek.

D-Afdeling: Dries Venter, Peet Muller (L), Joyce du Preez en Bets Els – vyfdeplek.

E-Afdeling: Christien Kloppers, Maud Myburgh (L), Niek Greyling en Martie Greyling – vyfdeplek.

Groottotaal: Noord Vrystaat – eersteplek, Limpopo – tweedeplek en Noord-Kaap in die derdeplek.

Senior en Junior Jukskeispelers word herinner aan die keuring op eerskomende Saterdag, 22 Oktober om 08:00 te Polokwane. Spanne word saamgestel vir Noordelike Unies Toernooi te Gauteng-Wes op Saterdag 2 November om 07:00.