Pensioenarisse betaal minder by PnP

THABAZIMBI – Pick n Pay se pensioenariskaarte is op Woensdag 12 Oktober bekendgestel.
Die personeel van Pick n Pay het met koek en tee reggestaan om die senior burgers van Thaba te onthaal tydens die geleentheid.
Pensioenariskaarte, wat soos die naam sê slegs aan seniors bo die ouderdom van 60 jaar uitgereik word, maak hul geregtig op 5% afslag op Dinsdae en Donderdae op nie-geadverteerde produkte.
Om te kwalifiseer vir hierdie kaart moet pensioenaris hul Identifikasie Dokument saambring en die aansoekvorm voltooi.
Volgens Karin Swart van Pick n Pay het sowat 70 seniors van Thaba al hul kaarte gekry en sal Pick n Pay binnekort op ‘n gereelde basis die seniors met spesiale bederfies trakteer.
Kontak Pick n Pay vir meer inligting by 014 772 2450 of Francois Swart by 082 457 9452.