Ons lesers skryf – Inwoner bedank SAPD

Ek wil net met hierdie brief Thabazimbi Polisie bedank vir hulle oplettendheid.

Donderdag 13 Oktober 2011 het drie konstabels in etenstyd met een van my werkers by my werkswinkel aangekom. Hulle wou net weet of ek die sak vol parte wat hy by die skroot wou inruil vir kontant, vir hom gegee het, want hy sê dit is goed wat ek weggegooi het.

Te danke aan hulle het ek amper R2000 se parte nie verloor nie. En die werker is afgedank.

Ek bedank graag konstabels Mali, Tshikalaha en Mahumane.

Baie dankie Thabazimbi Polisie!