Landboukorrels Boeredag

Die tema vir vanjaar se lesingdag op Vrydag 28 Oktober 2011 is groenteverbouing in strukture.

Die program is saamgestel om nie net aan landbouers wat reeds op hierdie metode groente verbou, inligting te gee nie, maar ook aan diegene wat meer oor tonnelverbouing en hirdroponiese gewasverbouing wil uitvind. Indien jy dus sommer in jou agtertuin groete wil verbou, is hierdie die geleentheid om by te woon. Die program begin om 09:h00 en sal teen 14:00 afgehandel wees. Sprekers vir die dag is: Dieter Bruijns van Stanard Bank – volhoubare finansiering, Carla Jenkins van Plantforum – saailinge, Hennie du Plessis van Agchem Africa – bemesting, Reinette Gouws van LNR Roodeplaat – bakteriese siektes en beheerstategie, en Dr Ian du Plooy ook van LNR Roodeplaat – basiese beginsels vir hidroponiese gewasverbouing.

Kostes beloop slegs R100-00 per persoon en sluit middagete in. Bespreking kan gedoen word by Lynette du Plessis, tel (012) 8048031.

Op Saterdag 29 Oktober 2011 vind die Landboukorrelsfeesdag by die Cullinan Boere Unie terrein plaas met die aktiwiteite vir oud en jonk.

Stalletjies, huisvlytuitstallings, BKB veiling, helikopterritte, ossewaritte, gymkana en perdeboeresport, ‘n sweepklap kompetisie, biertent en nog vele meer. Kunstenaars wat optree sluit in Ridder de Jong. ‘n boeremusiekorkes en die Teelepeltjies. Kostes slegs R10 per persoon. Verdere inligting by www.landboukorrels.co.za