Kinders ook welkom by Oktoberfest

THABAZIMBI – Oor slegs ‘n week is dit tyd vir die eerste jaarlikse Thabazimbi Oktober Fest wat die Skougronde op Saterdag 29 Oktober vanaf 10:00 tot die volgende oggend 02:00 gaan beset.

Kaartjies beloop R50 per persoon en R30 vir kinders O/12 indien die kaartjies by Butlers Family Diner voor 29 Oktober gekoop word. By die hek op Saterdag 29 Oktober sal die kaartjies R80 per persoon beloop.

Hierdie fees is die breinbaba van Cois en Mark van Butlers Family Diner in die Pick n Pay Sentrum. Die doel is om oud en jonk bymekaar te bring vir groot pret en hope vermaak wat vir ‘n lang tyd onthou sal word.

Die Oktober Fest gaan kunstenaars op die verhoog bring soos Kinky Robot, Joe F, Oempa Band, Hans Drommedaaris, Leme en Tinus. Terwyl aktiwiteite soos helikopter vlugte, sterkman kompetisie, “vang ‘n varkie”, sakspring, ‘n potjiekoskompetisie, bokdrol spoegkompetisie en bier drink kompetisie die feesgangers gaan besig hou.

Vir die jongspan gaan daar ‘n spesiale arena wees met springkastele en waterglyplank. Verskeie uitstallers sal sorg dat ieder en elk met ‘n item of twee huiswaarts sal keer terwyl die kosstalletjies al die hongerpyne sal verjaag. Butlers Family Diner sal die ope lug restaurant vir die dag wees en die biertuin word deur SAB beman. Jacuzzi’s sal op strategiese punte in die biertuin staan terwyl die grootskerm TV sal sorg dat almal die Currie Cup Finaal kan volg.

Die organiseerders van die Oktober Fest gaan 10% van die fees se wins aan “Good Morning Angels” van Jacaranda skenk en TAR (Thabazimbi Animal Rescue) kry ook ‘n oomblik op die hoof verhoog wanneer hulle om 16:00 die gelukkige trekkings vir hul Raffle projek doen.

Skakel Cois by 082 687 6615 of Mark by 072 037 4332 of e-pos tbz.octoberfest@rocketmail.com