Gr10’s bad 21 honde

THABAZIMBI – ‘n Groepie leerders van Hoërskool Frikkie Meyer het onlangs kragte saamgespan en uitgereik na die Thabazimbi Gemeenskap.

Leerlinge van Graad 10 het hulle ontferm oor van die diere wat tans by die Thabazimbi Animal Rescue (TAR) versorg word. Die projek wat geïnisieer is deur die leerders self is met groot sukses afgehandel. Die grootste deel van die poging is daaraan gewy om die diere te bad, terwyl hulle ook sement aan TAR geskenk het vir die oprigting van die nuwe fasiliteite waar die diere voortaan versorg sal word. Een en twintig honde is gebad en bederf vir ‘n paar uur. Die groepie doen ook ‘n beroep op die inwoners van Thabazimbi om nie net hul diere op te pas en te versorg nie, maar ook om TAR te ondersteun in hulle belangrike werk. Kontak Tania van TAR om as vrywilliger aan te sluit by 084 885 6487.