ATKV pryswenners

Die ATKV Seniorfase wenners: Adriaan Koekemoer Gr 7 – derde, Eduard Fouché Gr 7 - wenner en Lesné Pauw Gr 7 – tweede.

THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi het op 28 September ‘n Gala-aand aangebied, waar die Spel- en Leeskompetisie wenners aangewys is.

Die ATKV Poësie-skryfkompetisie het pragtig verloop, die wenners in die drie fases het ook hulle gediggies vir die gehoor gelees.

Die ATKV-Thabazimbi tak het medaljes vir die vyf eerstes in elke graad oorhandig, asook die sertifikate. Die eerste drie per fase het ‘n getekende foto van Jaco Jacobs ontvang en die geskenkpakkies van die ATKV. Die wenner het die pragtige Wisseltrofee ontvang.

Die tak loods die Poësie-skryf kompetisie gewoonlik teen einde Mei. Dit sluit drie afdelings in: Laerskool, Hoërskool en Volwassenes. ATKV het 102 Laerskool inskrywings, 14 Hoërskool inskrywings en ses Volwassenes inskrywings ontvang.

Jaco Jacobs beoordeel die Laerskoolafdeling,  Leti Kleyn van Tukkies die Hoërskool en Volwasse afdelings.

Volgens die organiseerders was die kompetisie baie geslaagd en sal moontlik vroeg in volgende jaar begin en eers slypskole aanbied.