21 Swerwers vang groot vis

Die wenners van die Swerwerskompetisie, vlnr: Deon Bender, Willem Heydenrych, Adrian Heys en Dick Swart.

THABAZIMBI – Die swerwerskompetisie wat deur Thabazimbi Hengelklub in samewerking met Bosveld Akademie vanaf 7-9 Oktober aangebied is, was ‘n reuse sukses.

Die kompetisiewenners is bepaal deur die persone wat die swaarste spesies ingeweeg het.

Die spesies wat vir pryse in aanmerking gekom het was as volg: Grootste Karp, Grootste Barber, Grootste Kurper, Grootste Moddervis, Grootste Makriel of Klipbarber.

Die onderskeie wenners was: Karp: Adrian Heys, Barber: Dick Swart, Kurper: Deon Bender, Moddervis: Adrian Heys en Makriel: Willem Heydenrych.

Martie Murray het in die Matlabas ‘n paling gevang wat 820g geweeg het, hierdie is ‘n baie skaars spesie en word nie maklik aan die hoek gevang nie.

Thabazimbi Hengelklub bedank een en almal wat die skool in die projek ondersteun het.

Die idee van die swerwerskompetisie was dat hengelaars by enige dam regoor die land kon gaan hengel en dan die wenners tydens ‘n gesamentlike inweeg kon vasstel. Volgens die organiseerders het almal dit geniet en ‘n paar grotes is ingekatrol.