Koedoeskop Kriekettoernooi groot sukses

Mnr Gustav Grobler (Koedoeskop hoof), Mnr Scott Denton (Eienaar van Setaria Spar) en Mnr Hennie Prinsloo (Organiseerder).

KOEDOESKOP – Laerskool Koedoeskop het op 23-24 September ’n Setaria Spar Ses-aan-‘n-kant Kriekettoernooi aangebied.

Mnr Hennie Prinsloo was die organiseerder en Mnr Scott Denton van Setaria Spar het die toernooi geborg. Die deelnemende skole was Thabazimbi, Koedoeskop, Warmbad, Swartruggens, Platina en Lord Milner. Volgens die organiseerders was dit ‘n reuse-sukses en die kinders en afrigters het dit ongelooflik baie geniet. Laerskool Koedoeskop sien uit daarna om weer as gashere vir hierdie toernooi volgende jaar op te tree. Die uitslae is as volg: Beste afrigter – Mnr Japie Visser (Swartruggens), Beste bouler o/11 – Luan Botha (Koedoeskop), Beste bouler o/13 – Ramogadi (Lord Milner), Beste kolwer o/13 – Tiaan (Thabazimbi), Beste kolwer en veldwerker o/11 – Divan (Warmbad), Beste paaltjiewagter o/11 – Victor Potgieter (Thabazimbi), Beste paaltjiewagter o/13 – Ntlantla (Lord Milner), Beste veldwerker o/13 – Ramogadi (Lord Milner), Meeste vordering – Anthony Tomsett, Johan de Klerk, Harry de Lange, Wentzel Barnard (Almal van Koedoeskop). Wenspan o/11 – Warmbad en Wenspan o/13 – Lord Milner.