Verskeie medaljes vir XKT

JOHANNESBURG- Die laaste Great North 3 skopbokskompetisie is op Saterdag 1 Oktober te Braamfontein aangebied.

Skopboksers van Swartklip Skopboksklub het baie goeie resultate gehad, Caroline Vosloo verwerf ‘n silwer medalje in “Full Contact” (gewig en ouderdom), Chanel Vosloo verwerf ‘n brons medalje in “semi” en silwer medalje in “light”, Brendan Venter verwerf ‘n goud in “full contact”, Jurie Blignaut verwerf ‘n silwer medalje in “semi” en ‘n silwer medalje in “light”, JJ Schoeman verwerf ‘n silwer in “full contact”, Maryna Buys verwerf n silwer medalje in “semi” en silwer medalje in “light” en Johnny de Castellaz verwerf ‘n brons medalje in “semi” en ‘n brons medalje in “light”.

Die klub is al 20 lede sterk en oefendae is: Juniors- Maandae en Woensdae en Seniors – Dinsdae en Donderdae. Daar word ook selfverdediging en Kata aangebied. Belangstellendes kan Johan Vosloo skakel by 078 865 1300.