SA Jagters vereer hul skuts

THABAZIMBI – Die SA Wild en Jagters Vereniging van Thabazimbi het op Saterdag 8 Oktober hul jaarlikse jaareindfunksie te Koos Cronje Skietbaan aangebied.
Skuts en hul gesinne kon heerlik saamkuier en weglê aan ‘n smaaklike ete, voorgesit deur die bekwame hande van Marlene Oosthuizen en haar span. Die geur van Damaraskaap-tjoppies wat so rustig op die kole gebraai het, het die aandlug tesame met die kuier-klanke van goeie vriende, gevul. Fotograaf: Chris Steenkamp.