R15 000 vir wenner van Boeretydren

THABAZIMBI – Die AP Kerk Thabazimbi gemeente beplan ‘n Mini-basaar en Boeretydren op Saterdag 29 Oktober 2011 vanaf 08:00 te AP Kerk Thabazimbi, Warmbadweg, skuins oor Obaro.

Vir die Mini-basaar word ‘n vleistafel met beste pryse ooit beplan, asook Potjiekos en ‘n veiling van los goedere. Enigeen wat ‘n potjie wil kom maak waarvan die inhoud ten bate van die plaaslike kerk vir etes verkoop word, is welkom om met die kerkkantoor te skakel. Veiling-items word ook ingewag, ten bate van die kerk.

Inskrywingsgeld vir die Boeretydren / Pretrit beloop R1000 per voertuig, wat bestaan uit ‘n bestuurder en sy navigator. Die prysgeld is R 15 000 vir die eersteplek; R 10 000 vir die tweedeplek en R 5 000 vir die derdeplek.

Aktiwiteite sluit onder meer in jukskeie gooi, kettie skiet, boogskiet, Bybelvrae en dergelike dinge.

Slegs 100 kaartjies is beskikbaar. Kom deel in die pret. Skakel die kerkkantoor  weeksoggende tussen 08:00 en 12:00 by 014-777 1689 (weeksoggende).