Ons lesers skryf – Geagte Waar is die geld heen? (Anoniem)

Namens Northam Platinum Ontspannings Klub wil ek graag ook ons kant aan die lesers stel.

Ons is genader deur Hoërskool Frikkie Meyer om die afskeid aan te bied, bestuur het ingestem en ons het die saal, fasiliteite en alle hulp gratis aan die skool beskikbaar gestel.

Die skool het besluit op die spyskaart en ons kwotasie van R120.00 per persoon aanvaar.

Ons het die volgende vir 220 gaste gebied:- Voorgereg, Hoofgereg (2 vleis soorte, 3 groentes, gegeurde rys en 2 slaaie), Nagereg (2), Verwelkomings pons vir gaste (200ml pons per gas), Sap (5 liter sap per tafel – d.w.s. 500ml sap per gas) en water vir 22 tafels.  Al die tafels is gedek vir 10 persone – daar kon nie meer as 10 persone per tafel gesit het nie. Pippermente vir  22 tafels.

Al 34 kelners het ook teen die einde van die aand ‘n bord kos gekry teen geen ekstra kostes nie.

Leerlinge is vooraf ingelig deur onderwysers dat daar ‘n kontant koeldrank kroeg beskikbaar sal wees, net soos vorige jare wat dit by ons aangebied is en ek kan u waarborg dat ons pryse glad nie astronomies is nie, in teen deel ons pryse is goedkoper as soortgelyke klubs in die omgewing en ek kan u ook verseker dat die borde wat terug gekom het na die kombuis nie getuig het van onsmaaklike kos nie.

So aan Wonder maar net, sê ons maar net dat Northam Platinum Ontspannings Klub net R26400.00 van julle fondsinsamelings geld ontvang het.

Vriendelike groete

Elzanne Oosthuizen – Ontspannings Klub Bestuurder
0828746349