Moulin Rouge Modeparade

Die ramkatte met “you’re the one that I want”.

THABAZIMBI – Die HFM Matriekafskeid op Saterdag 1 Oktober se tema was Moulin Rouge en het met prentjie-mooi dekor ‘n glansaand soos min vir die 2011-klas geskep. Die verhaal van “’n liefde wat vir altyd sal leef” herroep skouspelagtige beelde van ‘n maharadja, ‘n hertog, ‘n indiese courtisane, kaberet, rooi tapyte en teater. En so was dit tydens die Moulin Rouge modeparade op Dinsdag 11 Oktober waartydens die matrieks weereens hul uitrustings kon vertoon.