Isuzu’s word geteiken

THABAZIMBI – Reeds vier Isuzu’s is die afgelope week uit hul eienaars se erf gesteel, slegs een is na bewering teruggevind.

Volgens mnr Tom Hudson is sy charcoal/blou 2.5l diesel enkelkajuit bakkie ter waarde van R50 000, op Donderdagnag 6 Oktober uit hul erf op Doringhoek Plot gesteel nadat sy twee foksterriër hondjies vergiftig is. Die drade was op twee verskillende plekke geknip sodat die misdadigers die bakkie kon uitstoot.

Nog ander twee Isuzu’s is op die plotte verder af gesteel.

Geen arrestasies is nog in hierdie verband gemaak nie. Enigeen met inligting kan Sersant Makgato skakel by 014 777 4832 of 082 869 7264.