HFM Wetenskap projek beste

TZANEEN – Twee HFM Wetenskap uitblinkers, Simoné Botha en Etienne Hattingh, het op 23 en 24 September aan die Wesfalia Tritech Wetenskap Expo deelgeneem.

Hierdie twee slimkoppe verwerf ‘n goue sertifikaat vir hulle projek: The Green Reaction. Hulle projek word ook algeheel aangewys as die beste Gr 11 projek in Limpopo.

Die skool wens hierdie twee “Einsteins” geluk met dié besondere prestasie.