HFM Swemmers

Bianca Engelbrecht in aksie tydens die jaarlikse HFM Swemgala.

THABAZIMBI – Die Koedoe-, Rooibok- en Duiker-swemmers van HFM het mekaar die stryd aangesê op Donderdagaand 29 September by die HFM swembad. Die Duikers kon daarin slaag om met 257 punte hul teenstanders te oorwin. Die Rooibokke was tweede met 160 punte gevolg deur die Koedoes met 132 punte.