Anbru Hugenoot Veiling

MOOKGOPHONG – Die Anbru Hugenoot Veiling is op 27 September deur Vleissentraal Bosveld aangebied.

Anbru Koraal 3.09, is deur mnr  Andrè de Bruyn van Naboomspruit geteel. Hy is vir R41 000 aan mnre Gerhard en Henk Botha van die Sonryk Boerdery, Koedoeskop, verkoop. Altesaam dertien bulle is vir ‘n gemiddeld van R22 692.31 van die hand gesit. Mnr Koot van Staden was die afslaer.