25 Jaar vir HFM Matrieks

THABAZIMBI – Die 1986 HFM Matrieks het op Vrydag 30 September en Saterdag 1 Oktober 2011 hul 25 Jaar reünie by Ben Alberts Lodge gehou.

Daar is kliphard gekuier en sommige mense het maar min geslaap die naweek.

Dié matrieks kan gerus gaan loer op Deon Ehlers se facebookblad vir nog kuier-foto’s.