2011 Shoprite Checkers Championship Boerewors Kompetisie

Finaliste aangekondig!

SUN CITY – Sewe-en-tagtig van die land se beste boerewors-makers het mekaar op 17 September die stryd aangesê in die provinsiale ronde van vanjaar se Shoprite Checkers Championship Boereworskompetisie. En nou uiteindelik, na ‘n periode van 4 maande waartydens meer as 1000 boereworsmakers deur 2 eliminasierondes is en 400 beoordelaars meer as 47 000 stukkies boerewors moes proe, het die dag aangebreek waarop die nuwe Boereworskampioen aangewys sal word.

Tien provinsiale wenners is in afwagting op die reis vir die grand finale wat plaasvind in die Valley of Waves op 8 Oktober. Hier sal beslis word wie sal wegry in ‘n splinternuwe Toyota Hilux 2.7 Dubbelkajuit Raised Body Raider met die gesogte 2011 Boereworskroon!

Die tien finaliste vir die Sun City Grand Finale is: Oos-Kaap – Rudolph Cornelius Herrmann, wat ook ‘n finalis was in die 2010 Championship Boereworskompetisie, van Queenstown; Vrystaat – Josias Renier Schutte van Welkom; Gauteng – Jaco Labuschagne, die heersende 2010 Boereworskampioen, van Boksburg; Gauteng – Portia Khumalo van Tshiawelo; KwaZulu-Natal – Nelson Shandu van Durban; Limpopo – Frans Motidi Letsakga van Polokwane; Mpumalanga – Elias Elijah Nkosi van Nelspruit; Noord-Wes – Titus Mothusi Boyesa van Brits; Noord-Kaap – Piet Lesley van Kuruman en Wes-Kaap – Jasper Johannes Gordon, wat ook ‘n finalis was in die 2010 Championship Boereworskompetisie, van Strand.

Top koskenners Martin Kobald (bekroonde sjef en Ere-President van die SA Sjefsvereniging),  Carmen Niehaus (YOU en Huisgenoot Kosredakteur en outeur van meer as 20 kookboeke), Jenny Morris (ook bekend as die “The Giggling Gourmet” en eienaar van ‘n suksesvolle spysenieringsbesigheid); Arnold Tanzer (Sunday Times se Sjef van die Jaar 2008 en Direkteur – Afrika en Midde-Ooste, World Association for Chef’s Societies); Francois Ferreira (bekende kos-ambassadeur en mede-eienaar van die Eden School of Culinary Art); en Siba Mtongana (kosredaktrise van Drum en aanbieder van “Drum presents Cooking with Siba” op Mzansi Magic) sal die finale ronde in Sun City beoordeel.

Die 2011 Shoprite Checkers Championship Boerewors sal die Suid-Afrikaanse Sjefsvereniging se gesaghebbende Stempel van Goedkeuring dra as ‘n versekering dat Suid-Afrika se gunsteling boerewors waarlik die beste van die beste is!

Brümilda van Rensburg en Naas Botha sal die aanbieders wees op die dag. Brumilda is ‘n gunsteling van die Suid-Afrikaans publiek vir haar rol in die M-net sepie, Egoli en het al in verskeie lofwaardige teater produksies opgetree. Rugby-legende, Naas Botha, is een van die mees uitnemende Springbokke en losskakels wat die wêreldrugby al beleef het, en is ook welbekend vir sy jarelange rol as sport kommentator en aanbieder op Supersport.

Brumilda en Naas sal die verhoog deel met van Suid-Afrika se top vermaakliheidsterre soos Sorina (“die Flooze”), Jak de Priester, Snotkop en Jay, met spesiale optredes deur Nataniël, Kurt Darren, Mandoza, Breyton Paulse en Shaleen Surtie-Richards.

Shoprite en Checkers is trots op Suid-Afrika se boerewors tradisies en om dit te vier bied die supermarkgroep jaarliks die Championship-boereworskompetisie aan. Die groep is alom bekend vir die uitmuntende gehalte van vleis in al sy vleismarkte en is voortdurend op soek na nuwe resepte en idees sodat die groep aan verbruikers net die beste in verskeidenheid en gehalte kan bied. Die jaarlikse boereworskompetisie speel ‘n kernrol daarin om hierdie doel te help bereik.
Dié‚ wat nie die kans sal hê om die supermarkgroep se nuwe Championship Boerewors by  Sun City te proe nie, hoef gelukkig nie te lank te wag om dit in die hande te kry nie. Die produk sal vanaf 14 Oktober as die 2011 Championship Boerewors in die Vleismarkte van alle Shoprite, Checkers en Checkers Hyper winkels landwyd beskikbaar wees.

Vir meer inligting rakende die wenners, pryse en kompetisie-gebeure, besoek die Championship Boerewors webwerf: www.championshipboerewors.co.za.