VLU se boomplantprojek

Xander Azar (hoofseun), Bernie Liebenberg, Biebies Oelofse, Cecilia Dearlove, Karin Nel en Anja Buitendag (hoofmeisie) van Laerskool Thabazimbi.

THABAZIMBI – Die VLU Thabazimbi tak se boomplantdag het op 14 September afgeskop. Bome is geskenk deur Marietjie van der Merwe van Aandrus Kwekery. Hoërskool Frikkie Meyer, Thabazimbi Laerskool en Liz van Tonder se huishulp is onder diegene wat bome ontvang het. Die bome wat geskenk is, is die Witstinkhout, Wildevy en Tambotie.

Lede van die tak het op Loslitdag pannekoek gebak en twee van die baksters, Daleen Venter en Hannelie Botha het hul lywe “rockers” gehou.