Van Skouspel na Aardklop: Sun City na Potchefstroom

Dit is net die beste kunstenaars wat by Huisgenoot Skouspel by Sun City optree. Die organiseerders wil nie graag hul aanhangers teleurstel nie, daarom maak hulle seker dat hulle ook by Aardklop is vir die enigste Huisgenoot-konsert by Aardklop vanjaar – Treffer na Treffer, gaan optree.

Die kunstenaars word spesiaal na Potchefstroom vir hierdie vertoning ingevlieg. As jy dus vanjaar by Aardklop is, is dit die een kaartjie wat jy moet kry.

Die vertoning vind op Donderdag 6 Oktober by die Clover-musiekarena plaas. Dit begin om 18:00, hou aan tot laat en kaartjies is beskikbaar by Computicket teen R125 vir bespreekte plekke en R95 vir onbespreekte sitplekke.