Thabazimbi Boogskietklub by liga

Die boogskuts van Thabazimbi Boogklub tydens die Groblersdag liga en SANIFFA 3D kwalifiserende ronde, vlnr: Desre Pretorius, Leon Janse van Vuuren, Heather Mayer en Callie Botha.

GROBLERSDAL – Die Limpopo boogskietliga en SANIFFA 3D kwalifiserende ronde het onlangs plaasgevind waartydens Thabazimbi algeheel vyfde in die Limpopo Liga geëindig het. Die uitslae was as volg: Leon Janse van Vuuren het goud verwerf in AMFU ongeklas, Callie Botha het silwer verwerf in AMFU ongeklas, Heather Mayer het goud verwerf in AFBU ongeklas, Desre Pretorius het silwer in beide SANIFAA en Liga Bronsklas verwerf.