Swerwerskompetisie volgende naweek

THABAZIMBI – Bosveld Akademie Privaatskool tesame met Thabazimbi Hengelklub bied op 7 tot 9 Oktober ‘n swerwerskompetisie aan.

Dit beteken hengelaars kan gaan hengel net waar hulle wil solank as wat hulle ‘n kaartjie van R100 gekoop het. Inweeg vind op Sondag 9 Oktober om
15:00 plaas by die sportterein van die CVO skool.

Pryse is as volg: grootste karp wen koedoekarkas, grootste barber wen blouwildebees, grootste kurper wen rooibokkarkas, grootse moddervis wen rooibokkarkas en grootste makriel/klipbarber wen vlakvark. Kontak 083 348 2315 vir navrae of e-pos thabahengel@gmail.com. Kaartjies is by Bosveld Akademie, ERA Eiendomme, Kransberg Wapens en Amper Mahala beskikbaar.