Stroper geskiet

Skerp gemaakte byle, semi-outomatiese geweer ammunisie, ‘n teleskoop, klere, voedsel, ‘n selfoon en verskeie tipe muti is later in die skuiling gevind, waar hulle vermoedelik vanuit dié skuiling renosters op die plaas dopgehou het.

Spoorsnyers, die SAPD en hul honde-eenheid, boere asook ‘n privaat sekuriteitsmaatskappy en spoorsnyersmaatskappy het die spoor vir sowat 16 uur lank onverpoosd gevolg totdat een van die stropers einde ten laaste, na die skietvoorval aangekeer is. ‘n Gelaaide semi-outomatiese geweer en ekstra ammunisie is by hom aangetref. Die stroper het albei sy bene, een bokant die knie en die ander been onder die knie, in die skietvoorval verloor. Hy het die nodige mediese behandeling deur die EMS-span ontvang en onder polisie bewaking gehospitaliseer te Polokwane.

Volgens ‘n persverklaring van Thabazimbi SAPD is ‘n saak van onwettige jag teen hierdie verdagte, ‘n ±40 jarige Mosambiekse man, geopen en sal deur Polokwane se georganiseerde misdaadseenheid ondersoek word.

Sy makker kon egter nie opgespoor word nie en is die vermoede dat hy later dalk deur ‘n voertuig opgelaai is. Hy is steeds op vrye voet. Geen renoster is geskiet nie.

Indien enigiemand inligting het wat kan lei tot die opsporing van renosterstropers, kontak Adjudant Offisier KP van Dyk van die veediefstaleenheid by 078 25 10 860.

Hierdie “klein” sukses in die massiewe oorlog teen renosterstropery, kan slegs toegeskryf word aan samewerking en kommunikasie tussen boere, wilddiefstal-eenhede en polisie wat onontbeerlik is in die geveg teen wilddiewe.

Almal word bedank vir die enorme poging wat aangewend is om die stropers aan te keer, in die besonder ook mnr Marius de Beer wat sy helikopter gratis beskikbaar gestel het vir die opsporing van die stropers.

Kontak die Boerevereniging se veiligheidsvoorsitters, mnr Machiel Reinecke by 082 416 7277 of mnr Pieter Roets by 083 76 555 07 of mnr Jaco Potgieter (Pottie) by 083 824 9400.

 

Deur Estie Taljaard

estie@kwevoel.co.za