Strewe VLU tak is 50jaar oud

Ria van Zyl en Leonora Lotter se lentehoede tydens die VLU Strewe se 50ste bestaansjaar viering.

MAKOPPA – Die dames van VLU Strewe het ‘n heerlike oggend by Bernina beleef met demonstrasies van die nuwe naaimasjiene. Oud lede het saam gekuier om hierdie mylpaal te vier.

Almal moes ‘n hoed dra vir lentetyd. Hul volgende vergadering is 12 Oktober te Dwaalboom.

Oktober is borskankermaand en in die lig van vroulike kanker bewusmaking sal daar papsmere teen R140 gedoen word, afsprake kan by Emelia Ras by 0721116480 gemaak word.