Spelers wen liga

MAKOPPA – Laerskool Vanwykskraal se hokkiespan wat bestaan uit vier O/13’s en die res O/12 spelers het op Saterdag 17 September op Groblersdal in die semi-finaal teen Pietersburg Oos te staan gekom en 3-1 gewen. In die finaal teen Laerskool Tzaneen speel hulle gelyk op met geen doele elk en deel dus die eersteplek in die Liga met laasgenoemde.
Die O/12’s wat die span volgemaak het was vroeër vanjaar Netbal Liga wenners. Die skool is trots op hul prestasies.