Ruiters in aksie

Gillian Trollope en haar perd, Corn Time, het Thabazimbi verruil vir die Kaap. Die twee sal daar deelneem aan skoue en so Thaba se naam hoog hou.

THABAZIMBI – Liandi Pienaar, ‘n Gr 7 leerlinge van Laerskool Vanwykskraal, is weer terug op haar perd na vele beserings en terugslae.

Sy het op 11 September met Wes Bee, een van Wes Feeds se junior perde, aan ‘n perdespring skou by die Four Ways Riding Centre deelgeneem. Dit was Liandi se eerste skou op dié perd.

Liandi en Wes Bee was ‘n gedugte span en dié wenkombinasie verower twee eersteplekke in onderskeidelik die Precision and Speed en Accumulator 90-1m afdelings.