RiVo-Dramastudio se Hoërskoolstudente presteer

Met die afgelope Thabazimbi KunsteEisteddfod het dié drie studente uitstekend gedoen.

Francis Olivier (Gr 10)  behaal A+ vir Poësie en A+ vir Prosa. Vlnr: Corli-Elize van den Berg (Gr 10) behaal  A++ vir Gedramatiseerde Poësie (Afdelingswenner), A++ vir Poësie en A+ vir Prosa. Gerdri Eloff (Gr 8) behaal A++ vir Poësie(Afdelingswenner), A++ vir Gedramatiseerde Poësie, A++ vir Prosa, A+ vir Gedramatiseerde Prosa, A++ vir Prosa: Bladlees (Afdelingswenner). Saam met hulle op die foto is mev Rita Volschenk van RiVo-Dramastudio.