Rhino Stoei mik hoog

PRETORIA – ‘n Handjievol Rhino Stoeiklub stoeiers het die Limpopo Provinsie by die Streekskampioenskap te Pretoria op Saterdag 24 September verteenwoordig.
Die stoeiers het hulle harte uit gestoei en toeskouers beïndruk.
Armand Venter en Tienie Smit het met hul plasings ‘n plek in die Limpopo span verwerf wat oor twee weke na die SA Jeug Kampioenskap in Johannesburg gaan deelneem. Saam met hulle in die span van Rhino Stoei is Michelle Smit en Izelle Moolman. Enige navrae oor dié stoeiklub kan aan Lisa gerig word by 082 729 8951.